#topstories – Slimmeter-rekening van R31 000 | Tutu’s kla kleindogter aan | 28’s-baas skuldig

Die slimmeter wat veronderstel was om hom geld te bespaar het hom nou met R31 000 se elektrisiteitsrekening gelaat in slegs een maand. ’n Johannesburg-inwoner vertel van sy stryd teen City Power.

Wat sal Suid-Afrika se ​paaie veiliger maak? Die antwoord is nie laer spoedbeperkings nie. Howard Dembovsky, voorsitter van die Justice Project SA, sê wat die werklike probleem is en hoe Suid-Afrika wel sy padsterftesyfer kan afbring.

George (Geweld) Thomas, die leier van die ​28’s- bende, is skuldig bevind in die Wes-Kaapse hooggeregshof. Ons verslaggewer was daar.

Aartsbiskop Desmond Tutu en sy vrou Leah het ’n strafregtelike klag teen hul kleindogter Ziyanda Tutu ingedien.

Tot 239 honde soek dringend huis – is een van hulle dalk jou toekomstige beste vriend?

The Pulse of Washington D.C.

© 21st Century RTVX News