#topstories – Luister: Bloem-man se woorde voor genadedood

In ’n gesprek wat kort voor sy dood opgeneem is, vertel die ​bekende Bloemfonteinse sakeman en argitek Johann Beukes waarom hy besluit het opgenadedood. En, sou Suid-Afrikaners verkies om die besluit te kan neem om self hul lewens te beëindig?

Homo naledi het die wêreld aan die gons, maar nie almal deel prof. Lee Berger se geesdrif vir die teorie dat die fossielvonds in ’n grot by Maropeng buite Johannesburg daarop dui dat hierdie spesie hul dooies begrawe het nie. Kom luister hoekom ​dr. Francois Durand, ’n paleontoloog verbonde aan die Universiteit van Johannesburg, twyfel.

Kyk ook die volledige onderhoud met Durand onder.

Ons weet die ontdekkers van Homo Naledi is opgewonde, maar hoe reageer Jan Alleman op die fossiele? Byna 39% van reaksies was negatief gemeet aan hul emosionele woordgebruik. Dis nou volgens navorsing wat die Media-monitering- en navorsingsdiens, die ​DDI vir #topstories gedoen het.

En, verslaggewer Nico Gous loer in by die nuwe “standbeeldplaas” wat Dinsdag in Pretoria geopen is.

The Pulse of Washington D.C.

© 21st Century RTVX News