#topstories: 2 dood toe skote klap by Clearwater Mall

Elma Smit skakel oor na die Clearwater-winkelsentrum in Johannesburg waar ’n ​noodlottige skietvoorval Dinsdagoggend plaasgevind het.
Kyk hoe die sambok ingelê is by die Universiteit Stellenbosch se Elsenburg-kampus toe studente en lede van die EFF slaags geraak het.
Ons kyk wat oorgebly het van die ​seunskoshuis in Potchefstroom ná ’n brand Maandagaand en ons ondersoek die ​jongste jaarverslag van die Raad op Mediese Skemas (RMS): Sal jy meer of minder moet opdok?
En, die ​akteur Gabriel Macht, oftewel Harvey Specter van die TV-reeks Suits, wys sy sagte kant.

The Pulse of Washington D.C.

© 21st Century RTVX News