#topstories – Hoekom Agri-SA wil boer in die media | ‘Só land jy sonder neuswiel’ – vlieënier

Johannes Möller, dié president van AgriSA, gesels met Elma Smit oor sy oplossings vir langtermyn-voedselsekerheid voor díe organisasie Vrydagmiddag met die minister van landbou sal onderhandel oor grondhervorming.
Ineke Coetzee gee ’n binne-blik op die polisie se stryd op die Kaapse Vlakte teen bendegeweld en dwelmhandel .
Ettiene Doman vertel hoe hy Donderdag ’n merkwaardige noodlanding op die Lanseria-lughawe uitgevoer het – sonder ’n neuswiel.
’n Bom uit die Tweede Wêreldoorlog wat nog nooit ontplof het nie, is Donderdag naby Londen se Wembley-stadion deur bouers ontdek.
Ons kyk hoe Matie-studente tydens beurtkrag vir die opkomende eksamen swot – met kragopwekkers en kerslig.

The Pulse of Washington D.C.

© 21st Century RTVX News