#topstories – Die foto wat die wêreld geskok het

Die foto’s en video van die toneel waar die lyk van ’n Siriese kind uitgespoel lê op ’n Turkse strand, het die wêreld Woensdag diep geskok het en ’n simbool geword van die ​menslike tragedie in Europa se vlugtelingkrisis. Elma Smit ondersoek die desperaatheid wat meer as 10 miljoen mense reeds uit Sirië gedryf of binne die land ontheem het. Sien die webdokkie hieronder vir ’n oorsig oor die Siriese konflik uit Netwerk24 se video-argief.

Ons hoor wat ​Popo Molefe, voorsitter van die direksie van diePassasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa), beplan om te doen oor korrupsie binne die maatskappy na aanleiding van die Openbare Beskermer se verslag wat verlede week bekend gemaak is.

En Maties vertel ons hoekom hulle juis gekies het om aan die ​Universiteit Stellenbosch te studeer, te midde van betogings oor transformasie by dié universiteit.

The Pulse of Washington D.C.

© 21st Century RTVX News